Gereformeerde Kerk Silverton

530 Presidentstraat, Silverton

Die Gereformeerde Kerk Silverton is in 1958 gestig en bestaan tans uit 130 belydende lidmate en 28 dooplidmate. Die gemeente is in 9 wyke gedeel met ‘n totaal van 78 besoekpunte. 

Predikant: Ds. Wicus van der Vyver
Kerkkantoor: 084-508-1038; carena@gksilverton.co.za

Ons Visie, Missie en Waardes:

Visie:
ʼn Gemeente wat God voluit dien,
gedryf deur die Heilige Gees


Missie:
Groei saam in ons verhouding met God.
Groei saam in ons verhouding met mekaar.
Groei saam in ons getuienis en diens na buite.

Waardes:

Skrifgetrouheid:
Ons bou alles op God se Woord en groei steeds in ons kennis daarvan.

Liefde:
Bo alles vir God – daarna vir ons naaste soos vir onsself, en vir God se skepping.

Hoop: 
Ons beleef God se beloftes en verwag Sy uitkoms in alles.

Eensgesindheid:
Ons dink en werk saam – en as ons verskil, dan in liefde.

Diensbaarheid:
Ek is hier om te dien – na binne en buite – nie om gedien te word nie.

Individualiteit: Ons erken elkeen se individualiteit – God het immers aan elkeen van ons unieke gawes gegee.

Evangelisering:
Met alles wat ons doen en sê, wil ons die Evangelie soos lig laat skyn sodat ongelowiges dissipels van Jesus kan word en afgedwaaldes kan terugkeer na God toe.

Uitnemendheid:
Ons doen alles op ons beste – uit dankbaarheid teenoor God.

Aan God die eer:
Dit is ons hoogste roeping